On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Stille optog in Kimberley gehou

───   09:19 Sat, 27 Jul 2019

Stille optog in Kimberley gehou | News Article
PHOTO: Supplied

Inwoners van Kimberley in die Noord-Kaap het Donderdagaand 'n stille optog gehou in solidariteit met 'n veldtog “Not in my name”.


Die optog was ter ondersteuning van diegene wat slagoffers is van sosiale euwels, soos moord, verkragting en ontvoering. Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, het sy steun gegee vir die optog en die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling, Nontobeko Vilakazi, het by die optog na die Witdam-polisiestasie aangesluit. Die optog was ook om gesinne te ondersteun en 'n duidelike boodskap aan die SAPD en ander belanghebbendes te stuur, dat die gemeenskap geregtigheid wil sien in alle onopgeloste sake. 

'n Lys met name van slagoffers wie se sake nog nie opgelos is nie, is aan die SAPD oorhandig. Een van die organiseerders van die optog, Abueng Boikanyo, het gesê dat hulle mense gevra het om swart te dra of kaalvoet te loop, aangesien die idee was om fisiese druk uit te oefen op die persone wat deelgeneem het, sodat hulle erkenning kan gee aan die pyn wat die slagoffers en hul families ervaar.


OFM-nuus/Donovan Jacobs

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.