On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
Show Background
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki and JayBee
Listen Live Streams

Central SA

Departement ontken chaos by hoërskool

───   11:24 Sat, 27 Jul 2019

Departement ontken chaos by hoërskool | News Article

Noord-Kaap Departement van Onderwys ontken bewerings dat chaos by Hoërskool Kakamas in die Noord-Kaap losgebreek het.


'n Video en berig wat wys hoe leerders glo weier om opdragte van onderwysers uit te voer, het tonge los op sosiale media. Die leerders het aangedui dat hulle vir maande lank sonder ‘n voedingskema was, en dat hulle weens hongerte nie kan konsentreer nie. 

Die department het wel erken dat hulle in Mei vanjaar ‘n taakspan aangestel het, onder leiding van die departementshoof, Tshepo Pharasi, na aanleiding van berigte oor vandalisme, operasionele uitdagings en swak dissipline by dié skool. 

Media-skakelbeampte vir die LUR van Onderwys in die Noord-Kaap, Geoffrey van der Merwe, sê dié taakspan - bestaande uit streek- sowel as provinsiale amptenare - besoek die skool weekliks om die daaglikse bestuur van die skool te monitor en enige uitdagings aan te spreek. Van der Merwe het bevestig dat die taakspan geen probleme Donderdag by die skool aangemeld het nie. Die departement het egter nie aangedui of daar 'n voedingskema by die skool is nie - die rede wat een van die leerders op video gee vir die chaos.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.