On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Polisie vas weens roof, bedrog

───   13:17 Sat, 27 Jul 2019

Polisie vas weens roof, bedrog | News Article

As deel van die hantering van kriminele elemente in die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) in die Noord-Wes, is 'n 45-jarige Taung-polisiebeampte en sy twee manlike medepligtiges van 42 en 63 jaar oud borgtog van R4000 toegestaan.


Die drie polisiemanne het gister in die landdroshof in Taung verskyn op aanklagte van roof en bedrog, volgens 'n polisieverklaring. Die hofverskyning van die trio spruit uit hul aanhouding ná twee maande van intensiewe ondersoeke. Die polisiebeampte en sy medepligtiges het na bewering advertensies op Facebook geplaas. Na aanleiding van die advertensies, sou potensiële kliënte gevra word om na Klerksdorp te gaan om 'n voertuig te besigtig. Die kliënte was dan gevra om kontant te betaal óf geld in 'n bankrekening te deponeer. Die niksvermoedende kliënte sou dan oorreed word om saam met die verdagtes na Taung te ry om die dokumente te gaan haal. Volgens die inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, sou die kliënte van hul persoonlike besittings beroof word sodra hulle na 'n sekere huis in Taung geneem is.


OFM-nuus/Vernon Baumann


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.