On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Richmond-wykskomitee deur Noord-Kaapse Wetgewer besoek

───   12:20 Thu, 01 Aug 2019

Richmond-wykskomitee deur Noord-Kaapse Wetgewer besoek | News Article

Amptenare van die Noord-Kaapse Wetgewer het Woensdag die komitee van Wyk 1 in Richmond toegespreek.


Hierdie inisiatief, wat deel is van die regering se uitreikingsprogram, was om wykskomiteelede in te lig oor wat die korrekte prosedure is wat hulle moet volg as hulle ‘n petisie wil indien. 

Sydney Jordaan, ‘n gemeenskapslid, het aan OFM-nuus verduidelik dat die gemeenskap baie dankbaar is vir die hulp van die wetgewer, want volgens hom was daar in die verlede ongelukkigheid in die gemeenskap oor probleme wat nie opgelos kon word nie omdat die korrekte prosedures nie gevolg is nie. 

Hy het met dankbaarheid vertel dat die amptenare hulle goed van hulle taak gekwyt het en dat alles maklik en verstaanbaar was vir almal wat die vergadering bygewoon het.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.