Central SA
Vrystaat-man swaar gevonnis vir moord─── 11:33 Sun, 04 Aug 2019
Lawrence Tshabalala is deur die Hooggeregshof in Bloemfontein skuldig bevind aan twee aanklagte van roof met verswarende omstandighede en moord.
Die veroordeelde en sy 39-jarige mede-beskuldigde Lionel Kupido het in April 2018 na 'n plot in Senekal gegaan waar hulle die werknemer Mojela Mpaki aangerand het wat alleen in 'n karavaan op die erf geslaap het. Die slagoffer kon daarin slaag om te ontsnap en het na die naburige plot gehardloop om hulp te soek.
Die 63-jarige eienaar van die erf, mnr. Johhannes Mantene Moloi, het uit die huis gekom om ondersoek in te stel. Ongelukkig het die beskuldigde hom toe van sy selfoon, motorsleutels en honderd en twintig rand beroof. Hulle het hom ook met 'n ysterstaaf aangerand en hom bewusteloos gelaat. Hy is later dood in die Dihlabeng-hospitaal in Bethlehem.
OFM-nuus
