Central SA
Vrystater ry 1000km op fiets in Mosambiek─── 11:55 Tue, 06 Aug 2019
‘n Vrystaatse man lê tans 1000km in Mosambiek met sy fiets af.
Deon Havenga (54) van Ficksburg is deur die nie-winsgewende organisasie, 110 Foundation, in samewerking met Round Table 98 en GOOI in die Vrystaat, uitgedaag om met sy fiets op die strand vanaf Inhassoro na Ponta do Oura te reis.
Die rede hiervoor is om geld vir liefdadigheid in te samel. Die stigting het vyf persone geïdentifiseer wat dringend fondse nodig het om in verskillende mediese behoeftes te voorsien. Havenga het reeds 30 Julie begin en het 30 dae om die 1000km te voltooi. Hy het die laaste paar maande hard geoefen en voel dat dit ‘n goeie inisiatief is wat nie die nodige blootsteliing kry wat dit verdien nie.
Havenga se dogter, Charné Havenga, het aan OFM-nuus verduidelik wat haar pa se uitdagings tot dusver was.
Vir meer inligting oor hoe om tot hierdie inisiatief by te dra, besoek The 110 Foundation se blad op Facebook.
OFM-nuus/Elsabé Richard
