On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

LUR besoek môre ZF Mgcawu-distrik

───   15:11 Tue, 06 Aug 2019

LUR besoek môre ZF Mgcawu-distrik | News Article
MEC Mack Jack

Die LUR vir Onderwys in die Noord-Kaap, Mac Jack, besoek môre en Donderdag die ZF Mgcawu-distrik.


Hy gaan onder meer die verskeie hoofde en onderwysers in die gebied besoek en gesprek voer oor die onlangse aankondiging van die Premier, dr. Zamani Saul, rakende die omkeerstrategie vir die department. 

Jack sal ook Hoërskool Kakamas besoek om oplossings vir die probleme by die skool te probeer vind, nadat ‘n taakspan aangestel is by die streekskantoor van onderwys in Upington om probleme by skoll aan te spreek. 

Die LUR gaan na verwagting ook met leerders vergader om die slaagsyfers van die provinsie te bespreek waarna hy, volgens die media skakelbeampte, Geoffry van der Merwe, die provinsiale kabinet rondom sy besoek en die pad vorentoe gaan inlig.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.