Central SA
Ouers van driejarige seun gesoek─── 15:29 Tue, 06 Aug 2019
‘n Driejarige seun, wat bekend is as Stefan, is sedert Maandagaand (5 Augustus) by die polisiestasie in Rosedale, Upington, in die Noord-Kaap.
Volgens die polisiewoordvoerder, Jaques September, het die seun se ouers nog geen navrae rondom die kind se verdwyning gemaak nie. Hy doen ‘n beroep op die ouers, wat volgens die seun as Katrina en Henry bekend staan, of enige familielid, om met die polisie in verbinding te tree.
Volgens September is die kind geklee in ‘n rooi trui, swart drafskoene, kakie broek en ‘n gestreepte mus. Hy vra dat ouers hulle kinders sal beskerm en ten alle tye bewus sal wees van waar hulle kinders is.
OFM-nuus/Roderick Titus
