On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

NWU onder die voorste 5% van universiteite ter wêreld

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:22 Fri, 09 Aug 2019

 NWU onder die voorste 5% van universiteite ter wêreld | News Article

Die Noordwes-Universiteit (NWU) het 'n aansienlike verbetering op die Sentrum vir Wêreld-universiteitsgraderings, oftewel die CWUR, vir universiteite oor die wêreld heen se lys getoon.

 

Die NWU beklee nou die 869ste plek nadat dit oorspronklik 964ste op die ranglys was. Die CWUR publiseer die enigste universiteitsranglys wat die gehalte van onderwys en opleiding van studente sowel as prestige-fakulteitslede en die gehalte van navorsing meet. 'n Adjunk-visekansellier van die NWU, Linda du Plessis, sê dit plaas die NWU nou onder die voorste universiteite van die altesaam 18 000 tersiêre instellings oor die wêreld heen.

Volgens haar is die NWU nou onder die top-4,8% van die universiteite wat wêreldwyd geëvalueer word en al is dié instelling steeds sewende op die CWUR se ranglys van Suid-Afrikaanse universiteite, is dit die plaaslike instelling wat by verre die meeste verbeter het op die wêreldranglys.

Du Plessis sê die ranglys is nie noodwendig die hoofdoel waarna daar gestreef nie, maar indien goeie onderrig verskaf word en gehalte navorsing gedoen word, is die nasionale erkenning waardevol vir die NWU.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.