Central SA
Kakamas-toernooi gestig vir bewusmaking─── 15:13 Mon, 12 Aug 2019
Die gemeenskap van Cillie by Kakamas in die Noord-Kaap is die tuiste van die Cillie City sokker- en netbalklub en die aanbieders van die jaarlikse “anti-women and girl child abuse”-sporttoernooi.
Vanjaar word hierdie toernooi na die langverwagte stadion in Kakamas verskuif, waar die fokus van die toernooi op bewusmaking van die sosiale druk op plattelandse gemeenskape asook geweld teen vroue en kinders gaan val.
Neville Kotzee van Cillie City sê hulle is van mening dat daar te veel gevalle van geweld teen vroue en kinders in plattelandse dorpe is en dat die toernooi die geleentheid skep vir bewusmaking, asook vir die jeug om sport in ‘n goeie gees te kan beoefen.
Kotzee sê die verbreking van stilte onder veral vroue wat dit as ‘n vernedering sien om oor hulle mishandeling te praat is een van die fokuspunte wat aan die groot klok gehang gaan word, asook die toenemende gevalle van tienerswangerskappe en die misbruik van alkohol en dwelms onder die jeug.
Hy sê die “anti-women en girl child abuse”-toernooi skep die perfekte geleentheid om opvoeding rakende geweld teen vroue en kinders, veral meisies, aan te spreek.
OFM-nuus/Roderick Titus
