On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Vier vas ná polisieman, plaaslike inwoner se moorde

───   11:34 Tue, 13 Aug 2019

Vier vas ná polisieman, plaaslike inwoner se moorde | News Article

Vier verdagtes is in hegtenis geneem in Phuthaditjhaba in die Vrystaat nadat die lyke van ‘n polisieman en plaaslike inwoner ‘n week gelede naby die Basotho-kultuurdorpie in Phuthaditjhaba gevind is.


Daar word beweer dat sersant Koos Mokoena, wat verbonde is aan Oos-Vrystaatse misdaadintelligensie, vroeg Augustus in Phuthaditjhaba ontvoer en gevolglik van sy staatsvoertuig beroof is, asook van ander elektroniese toerusting. 

Volgens polisiewoordvoerder, Lynda Steyn, het die vier verdagtes, Setoro Koenehelo (33), Rasunyane Pule Enoch (27), Ralejoe Patrick Tumelo (27) en Teboho Mokoena (24), gister in die Phuthaditjhaba-landdroshof verskyn. Die saak is tot 19 Augustus 2019 uitgestel.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.