On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Keimoes-moordverdagte verskyn in hof

───   12:16 Mon, 19 Aug 2019

Keimoes-moordverdagte verskyn in hof  | News Article
Die gemeenskapslede het met plakkate by die hofverrigtinge betoog. FOTO: Roderick Titus

Die verdagte in die moordsaak van die 21-jarige Mercia Kotzee in Keimoes in die Noord-Kaap het vanoggend in die landdroshof verskyn.


Die verdagte het Kotzee einde Mei vanjaar aangerand. Sy het as gevolg van haar beserings beswyk. Volgens die polisie het Kotzee ‘n marteldood gesterf terwyl sy ‘n vyf maande oue baba agtergelaat het. Die verdagte, wat ook die pa van die kind is, verskyn weer 13 September vanjaar in die landdroshof.

Die gemeenskapslede het met plakkate by die hofverrigtinge betoog. Die Regering se Kommunikasie en Inligtingstelsel se Esmerelda McKay, tesame met Lenie Coetzee, sê hulle beplan ‘n vreedsame optog in September waar hulle ‘n memorandum aan die hof gaan oorhandig om die verdagte se borgtogaansoek van die hand te wys. Die verdagte bly in aanhouding tot sy volgende hofverskyning, waar hy na verwagting om borgtog gaan aansoek doen.

Intussen het Kotzee se pa sy teleurstelling uitgespreek oor die uitstel van die saak en die gemeenskap gevra om die beplande borgaansoek teen te staan.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.