Central SA
VS, NK vaar swak met behuisingstoelae─── CATHY DLODLO 17:50 Thu, 22 Aug 2019
Die Noord-Kaap het - in vergelyking met ander provinsies – die swakste gevaar in terme van die besteding van sy behuisingsontwikkelingstoelaes.
Kort op die hakke van dié provinsie is die Vrystaat. Dit is volgens die Portefeuljekomitee van Behuising, Water en Sanitasie in die parlement.
Voorsitter van die komitee, Rosina Semenya, sê tydens ‘n voorlegging van die Nasionale Departement van Behuising het dit aan die lig gekom dat 77% van die Noord-Kaap se toelae nog nie bestee is nie.
Vrystaat het ‘n bietjie beter gevaar met net 52% van sy toelae wat nog bestee moet word.
Die komitee het sy ontevredenheid met die bestedingstendense uitgespreek.
OFM-nuus
