Central SA
NK LUR besoek familie van brandslagoffer─── 12:48 Fri, 23 Aug 2019
Die LUR vir Vervoer, Veiligheid en Skakeling in die Noord-Kaap, Nontobeko Vilakazi, het die familie van die vermoorde 3-jarige seun, wat in ‘n brand omgekom het, besoek.
Die insident het in Hashvalley, Kakamas, gebeur nadat die seuntjie se pa die huis waarin hy geslaap het aan die brand gesteek het ná ‘n woordewisseling tussen homself en sy vrou. Die verdagte het sy vrou in die linkerarm met ‘n mes gesteek, waarna sy met haar ander twee kinders gevlug het.
Vilakazi het tydens die besoek die familie belowe dat die wet streng toegepas sal word indien enige persoon hom of haarself aan menseregteskendings - veral geweld teen vroue en kinders - skuldig maak. Volgens die SAPD is die verdagte tans in aanhouding en sal hy weer op 16 September vanjaar in die hof op Kakamas verskyn.
OFM-nuus/Roderick Titus
