Central SA
Numsa sê Ilanga-staking is gebaseer op twee kwessies─── 17:04 Tue, 27 Aug 2019
Werkers van die Ilanga-sonkragaanleg by Leerkrantz naby Upington in die Noord-Kaap staak weens lone en diensvoorwaardes.
Die staking het vanoggend begin en werkers sê dat hulle met die staking sal voortgaan totdat hul eise aangehoor word.
Die Nasionale Vakbond vir Metaalwerkers van Suid-Afrika (Numsa) se plaaslike organiseerder van Mangaung in Bloemfontein, Tshepo Mokgele, sê die doel van die staking is gebaseer op twee kwessies, naamlik 'n erkenning tussen Numsa namens sy lede en die kwessie van kollektiewe bedinging waarmee die maatskappy speletjies speel.
Numsa wil dié twee sake met die bestuur om ‘n tafel bespreek.
OFM-nuus/Roderick Titus
