On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Mediese uitslae nog nie bekend ná ontvoering

───   12:22 Tue, 03 Sep 2019

 Mediese uitslae nog nie bekend ná ontvoering | News Article
Angeline de Jager het deurnag gewag terwyl daar na haar dogtertjie gesoek is. FOTO: Verskaf

Die mediese uitslae van die sesjarige *Amy-Leigh de Jager is nog nie bekend gemaak ná haar ontvoering nie.


Dit nadat polisiewoordvoerder, Vishnu Naidoo, aan OFM-nuus gesê het dat sy tans steeds 'n mediese ondersoek ondergaan by 'n plaaslike hospitaal in Gauteng. Amy-Leigh is vanoggend weer met haar familie herenig nadat sy gister uit haar ma se arms gegryp en ontvoer is. Vier mans het met haar in 'n wit Toyota Fortuner weggejaag. 

Dit het ook aan die lig gekom dat die ontvoerders ‘n losprys van R2 miljoen geëis het vir haar veilige terugkeer, maar Louise Horn, haar tannie, het aan TimesLive vertel die familie het nie die losprys betaal nie.

Volgens Naidoo ondersoek die polisie tans haar verdwyning sowel as haar skielike verskyning. Hy het ook 'n beroep op die publiek gedoen om toe te laat dat hierdie ondersoek sy verloop neem.

*Die spelling van Amy-Leigh se naam is aangepas nadat 'n familielid bevestig het dat die aanvanklike verslag van haar verdwyning, wat haar Amy-Lee noem, verkeerd is."


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.