On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Ritchie-inwoners eis raadslid se bedanking

───   16:19 Tue, 10 Sep 2019

Ritchie-inwoners eis raadslid se bedanking | News Article

Die situasie in Ritchie in die Noord-Kaap begin nou handuit ruk met inwoners wat daarop aandring dat een van die raadslede, John Makhamba, onmiddellik moet bedank.


Dit is nadat hulle beweer het dat daar bedrog met die aanstelling van die sub-kontrakteurs vir die vermeende padprojek was wat onlangs begin het. Die padprojek behels die opknapping van die provinsiale pad wat vanaf die N12 na Ritchie lei.

Die inwoners het vroeg vanoggend reeds met die betogings begin en het paaie versper met klippe en brandende bande wat daartoe gelei het dat skole gesluit moes bly en inwoners nie kon gaan werk het nie.

Owerhede is op die toneel om die situasie te monitor.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.