On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Skole in Sentraal SA op misdaadlys

───   CATHY DLODLO 15:15 Thu, 12 Sep 2019

Skole in Sentraal SA op misdaadlys | News Article

‘n Skokkende 210 skole in Sentraal Suid-Afrika is as gewelddadige misdaadneste gelys.


Dit is volgens die jongste statistiek oor geweld in skole wat deur die nasionale Departement vir Basiese Onderwys bekend gemaak is. 

Volgens die departement is altesaam  2 345 skole landwyd gelys. Negentig skole in die Vrystaat, 80 in Noordwes en 40 in die Noord-Kaap het dié lys gehaal. 

OFM-nuus het onlangs oor verskeie voorvalle in dié provinsies berig, wat selfs tot die dood van ‘n onderwyser en leerders gelei het. 

Verskeie voorvalle is deur leerlinge op video vasgelê en op sosiale media versprei. Die departement het dié statistieke as deel van ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement bekend gemaak. 

Die departement het aangedui dat die provinsiale onderwysdepartement bygestaan word om by dié skole in te gryp.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.