Central SA
NRVP besoek Labybrand en Ficksburg─── 16:34 Thu, 19 Sep 2019
Die Vrystaatse afgevaardigdes van die Nasionale Raad van Provinsies (NRVP) het vandag na Ladybrand en Ficksburg gereis.
Dit nadat afgevaardigdes gister 'n gesamentlike sitting deur president Cyril Ramaphosa bygewoon het om maniere te bespreek om geslagsgebaseerde geweld in Suid-Afrika te bekamp.
DA-parlementslid en NRVP-lid wat die Vrystaat verteenwoordig, George Michalakis, het aan OFM-nuus gesê dat hulle vanoggend die Van Soelen Outfall Riool-pyplyn in Ficksburg besoek het en vanmiddag twee terreine in Labybrand sal besoek, naamlik die Manyatseng-padbouprojek sowel as Uitbreiding 10. Dit nadat dit bekend geword het dat hierdie gemeenskappe sonder elektrisiteit of enige basiese dienste is.
Hy het ook gesê dat dit goed is om self te sien wat die vordering van die projekte is en dat van hierdie projekte bloot besoek word omdat daar sekere kwessies en probleme ter sprake gekom het.
Michalakis sê dat 'n uitgebreide bespreking môre in die Vierde Raadsaal in Bloemfontein sal plaasvind.
OFM-nuus/Elsabé Richard
