Central SA
Ongelukkigheid lei tot nóg betogings in NK-dorp─── 17:38 Thu, 26 Sep 2019
Betogings het weer in Ritchie in die Noord-Kaap uitgebreek weens inwoners se beweerde ontevredenheid met die raadslede in die gebied.
Die betogers vra dat die Noord-Kaapse premier, Zamani Saul, die gemeenskap toespreek en vrae beantwoord oor die omstrede tender vir die opgradering van die provinsiale pad wat na die dorp lei.
Inwoners voer verder aan dat dat daar geen nuwe ontwikkeling die afgelope jare ten bate van die gemeenskap plaasgevind het nie.
Paaie is met klippe versper en ‘n munisipale gebou is aan die brand gesteek. Daar word beweer dat die brandweer vroeër onttrek het.
Betogings het vroeër vandeesmaand uitgebreek weens die ongelukkigheid tussen inwoners in die gebied toe die padprojek van stapel gestuur sou word. Inwoners het daarop aangedring dat antwoorde verskaf moes word oor die aanstelling van subkontrakteurs vir dié projek.
OFM-nuus/Elsabé Richard
