Central SA
VS Skole op nasionale sanitasie lys─── CATHY DLODLO 11:14 Tue, 01 Oct 2019
Die Vrystaat is die enigste provinsie in Sentraal Suid-Afrika wat uitgeys is vir ingryping om behoortlike sanitasie geriewe by skole aan te bring.
Honderde skole regoor die land met onveilige en ongeskikte geriewe gaan, as deel van dié nasionale projek wat deur President Cyril Ramphosa aangekondig is, nuwe geriewe kry.
In ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement het die Nasionale Departement van Basiese Onderwys aangedui dat altesaam 1007 skole hierby sal baat.
Die departement sê konstruksie het reeds by 68 skole in die Vrystaat begin en ‘n verdere 80 se bouwerk is in die beplanningsfase.
Meeste van die skole wat die lys gehaal het, is primêre skole regoor die provinsie. Die projekte word deur die nasionale begroting vir dié projek befonds.
OFM-nuus
