On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Grusame ongeluk eis nóg ‘n kind van VS-amptenaar

───   11:59 Tue, 01 Oct 2019

Grusame ongeluk eis nóg ‘n kind van VS-amptenaar | News Article
Life Mokone

Die kind van die woordvoerder van die Vrystaatse Wetgewer, Life Mokone, is gisteraand in die Mediclinic-hospitaal in Bloemfontein oorlede.


Barbara Steenkamp, woordvoerder van Mediclinic, het aan OFM-nuus gesê dat die sewejarige dogtertjie omstreeks kwart-oor-sewe aan haar wonde beswyk het.

Dit kom nadat die dogtertjie in 'n kritieke toestand in die intensiewesorg-eenheid om haar lewe geveg het.

Sy en haar gesin was ‘n week gelede in ‘n grusame ongeluk betrokke op die R34-pad tussen Welkom en Kroonstad toe hulle van Johannesburg teruggekeer het.

OFM-nuus het voorheen berig dat Mokone se vrou bestuur het toe dié ongeluk plaasgevind het. Die ongeluk het ook die lewens van die paartjie se tien maande oue seun , hul negejarige dogter en die skoonma van die woordvoerder geëis.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.