On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Oos-Vrystaat-veldbrand onder beheer

───   11:40 Sun, 06 Oct 2019

Oos-Vrystaat-veldbrand onder beheer | News Article
PHOTO: Sakkie van der Schyff

'n Veldbrand wat Woensdag (2 Oktober) reeds by Platberg by Harrismith in die Vrystaat uitgebreek het, is nou suksesvol geblus.


Dit is volgens Johann Breytenbach van die organisasie Working on Fire, wat aan OFM-nuus gesê het dat niemand in die vier-dae lange brandbestrydingsproses beseer is nie. Breytenbach sê dat hulle, in samewerking met Rampbestuur en die plaaslike Dierebeskermingsvereniging ‘n redelike groot operasie geloods het om die vlamme onder beheer te bring.

Breytenbach sê verder die brand  is baie hoog in hierdie stadium en volgens hom het hulle minstens twee brande wat bo die gemiddeld was, kon blus. Hy sê dat die span gister nog 'n brand in Fouriesburg bestry het.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.