On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Ramaphosa besoek VS om huise te oorhandig

───   11:43 Fri, 25 Oct 2019

Ramaphosa besoek VS om huise te oorhandig  | News Article

President Cyril Ramaphosa sal na verwagting môreoggend die geïntegreerde behuisingsontwikkeling in Mangaung in Bloemfontein, naamlik Hillside View, besoek.


Sy besoek aan die Vrystaat sluit in die amptelike oorhandiging van huise aan regmatige begunstigdes in dié gebied.

Hierdie ontwikkelingsprojek is gemik op die mark wat 'n verband kon bekom deur finansieringsgekoppelde individuele subsidies wat deur die regering aangebied word vir eerste huiskopers met 'n lae tot middelinkomste. Die projek behels 600 huise, waarvan meer as 230 reeds voltooi is. Altesaam 50 huise is vir militêre veterane en die projek bied ook huise vir die restitusie-of grondhervormingsprogram.

Begunstigdes wat huise sal ontvang, sluit onder andere 'n 99-jarige man in, wat tans in ‘n sinkhuis woon, asook 'n 47-jarige blinde man.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.