Central SA
NW ANC betoog teen Zimbabwe-sanksies─── 11:57 Fri, 25 Oct 2019
‘n Optog sal na verwagting vandag deur die Noordwes ANC teen Zimbabwe-sanksies gehou word.
Die vreedsame optog is volgens Noordwes se provinsiale ANC-woordvoerder, Kenny Morolong, in solidariteit met die inwoners van Zimbabwe ter verdediging van hul soewereiniteit.
Morolong sê die provinsie sal vandag met duisende Suid-Afrikaners hande vat om teen die voortgesette onwettige sanksies op te staan. Die sanksies, ingevolge die "Wet op die Demokratiese en Ekonomiese Herstel van Zimbabwe van 2001”, beter bekend as Zidera, stel finansiële en ekonomiese boetes op Zimbabwiërs in.
“Ons doen 'n beroep op die Verenigde State, die Verenigde Koninkryk en die Europese Unie om hierdie sanksies onmiddellik op te hef, aangesien dit 'n hindernis vir die sosio-ekonomiese groei van Zimbabwe is,” het hy verduidelik.
Die optog begin by die Noordwes Provinsiale Wetgewer in Mahikeng.
OFM-nuus/Elsabé Richard
