On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

NW-vragmotorbestuurder op borgtog vrygelaat

───   15:53 Mon, 28 Oct 2019

NW-vragmotorbestuurder op borgtog vrygelaat | News Article

Die 26-jarige vragmotorbestuurder wat tereg staan op die dood van agt leerders is vandag op borgtog van R2000 in die Lehurutshe-landdroshof in Noordwes vrygelaat.


Dit is volgens polisiewoordvoerder, Sabata Mokgwabone, wat aan OFM-nuus gesê het dat die beskuldigde, Gabatshwane Phiri, weer op 12 Desember vanjaar in die hof sal verskyn.

Dit kom nadat OFM-nuus voorheen berig het dat Phiri vroeër vandeesmaand in hegtenis geneem is nadat hy beheer verloor het van die vragmotor waarin hy minstens 30 leerders van die Ratsela Middelskool en Letlhakane Primêre Skool in Rietpan vervoer het. Hy het teen ‘n boom vasgery en ses leerders is op die toneel dood verklaar. Nog twee leerders is later dood.

‘n Massa-begrafnisdiens is in Rietpan naby Zeerust gehou vir sewe van die leerders die afgelope Saterdag, waarna die agtste leerder gister begrawe is.

Phiri staan tereg op aanklagte van strafbare manslag, roekelose en/of nalatige bestuur, asook bestuur sonder 'n rybewys nadat polisie ontdek het dat hy nie in besit van ‘n bestuurslisensie is nie.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.