On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Vrou glo deur kêrel in haar huis vermoor

───   12:27 Tue, 29 Oct 2019

Vrou glo deur kêrel in haar huis vermoor | News Article

Nog ‘n voorval van geslagsgeweld is die afgelope naweek in Kimberley in die Noord-Kaap aangemeld.


Dit kom nadat talle Suid-Afrikaaners kommer en woede uitgespreek het oor die vlaag van geslagsgeweld die afgelope maande. Polisie ondersoek tans ‘n saak van moord, nadat 'n 32-jarige vrou, bekend as Mases Cross, die afgelope naweek, 26 Oktober 2019, na bewering noodlottig deur haar kêrel in haar huis in Galeshewe doodgesteek is. 

Polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, het berig dat Thabo Khonkhobe op die toneel in hegtenis geneem is. Khonkhobe het gister in die Galeshewe-landdroshof verskyn waar sy saak uitgestel is tot 4 November 2019. Volgens Ramatseba word die motief vir die voorval nog ondersoek.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.