On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Central SA

Kondoom dalk rede vir eksamen-onsekerheid

───   14:03 Mon, 04 Nov 2019

Kondoom dalk rede vir eksamen-onsekerheid | News Article

‘n Graad 2-leerder (10) van die Laerskool Trompsburg in die Vrystaat se finale eksamen is in die weegskaal. Dit kom nadat hy onlangs geskors is uit die koshuis toe hy en twee ander leerders glo met kondome gespeel het.


Die seun se pa, Desmond Smith, sê sy seun ontvang nou tuisonderrig omdat hulle sowat 60km van die skool af bly. Hulle kan nie bekostig om daagliks in en uit te ry nie. Smith sê sy seun, wat met leerprobleme gediagnoseer is, sê hy het gedink dit is ballonne.

In reaksie hierop sê die woordvoerder van die Departement van Onderwys in die Vrystaat, Howard Ndaba, die departement werk in dié geval saam met die ouers om ondersteuning te bied. Hy sê die departement het ‘n beleid genaamd “Screening, Identification, Assessment and Support” (SIAS), waar leerders gesif word om diegene te identifiseer wat leer-uitdagings ondervind. Hy sê ‘n ondersteuningsprogram is in plek om te verseker dat leerders geakkommodeer word.

Ndaba sê een van die department se slagspreuke is dat geen leerder agtergelaat mag word nie en dis hoekom die departement saam met die ouers werk om die uitdagings te help hanteer.


OFM-nuus/Elsabé Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.