Central SA
Vrou sterf in noodlottige NW-ongeluk─── 09:29 Sun, 10 Nov 2019
'n Ongeluk wat gister op die R54 buite Potchefstroom in Noordwes plaasgevind het, het die lewe van 'n 30-jarige vrou geëis.
ER24-woordvoerder, Ross Campbell, noem dat die vrou oorlede is ná 'n botsing reg van voor tussen die oorledene se motor en 'n vragmotor.
Campbell voeg verder by dat paramedici met hul aankoms op die toneel gevind het dat die bestuurder van die ligte voertuig veelvuldige noodlottige beserings opgedoen het, en dat haar voertuig omvattend beskadig was.
Die vragmotorbestuurder het geen beserings opgedoen nie, en die polisie was op die toneel om ondersoek in te stel.
OFM-nuus/Elsabé Richard
