On Now
Weekends 06:00 - 09:00
Weekend Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 The Central SA Top 30 with Nolwethu
Listen Live Streams

Central SA

NK-inwoners meen waterpleidooi word nie ernstig opgeneem

───   16:17 Tue, 19 Nov 2019

NK-inwoners meen waterpleidooi word nie ernstig opgeneem | News Article

Leseding- en Raaswater-inwoners buite Upington in die Noord-Kaap, is reeds meer as drie weke sonder water.


Hulle beskuldig die Dawid Kruiper-munisipaliteit daarvan dat hulle nie die pleidooi vir die herstel van watertoevoer na die twee woonbuurte ernstig opneem nie. Inwoners sê daar is vir ‘n uur snags watertoevoer terwyl mense slaap en watertenke ook nie volgemaak kan word nie. 

Hulle sê die watertekort word jaarliks gedurende hierdie tydperk ervaar en dat dit ‘n gesondheidsrisiko vir huishoudings inhou. Opkomende boere in die gebiede sê die watertekort raak hulle ook aangesien diere geen toegang tot drinkwater het nie. 

Die woordvoerder vir dié munisipaliteit, Patrick Williams, het intussen nie gereageer op versoeke om kommentaar nie. 

Inwoners het intussen die Menseregtekommissie in Upington gevra om in te gryp.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.