On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Skoolmeisie (16) vermoor glo 14-jarige ná woordewisseling

───   13:29 Wed, 20 Nov 2019

Skoolmeisie (16) vermoor glo 14-jarige ná woordewisseling  | News Article

Die gemeenskap van Rosedale naby Upington is geskok ná die moord op 'n 14-jarige skoolmeisie vroeg vanoggend by die Rosedale Intermediêre Skool.


'n Sestienjarige skoolmeisie het glo die slagoffer met 'n mes gesteek ná 'n beweerde woordewisseling tussen die twee. Die hoof van die Departement van Onderwys in die ZF Mgcawu-distrik, Gorden March, sê hy kan nie in die stadium enige inligting rondom die moord verskaf nie aangesien die familie van die oorledene nog in kennis gestel moet word. 

Die woordvoerder vir Rosedale-polisie, Gerhard Mouton, het die voorval bevestig en gesê hulle volg van die inligting op wat meer duidelikheid sal gee oor presies wat gebeur het. March het intussen gevra dat die betrokke gesinne se privaatheid, veral op sosiale media, gerespekteer moet word. Die polisie is tans by die skool terwyl berading vir skoliere en onderwysers gereël word.

 

OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.