On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Ontstoke inwoners in NK-dorp eis dat skool verdaag

───   17:35 Wed, 20 Nov 2019

Ontstoke inwoners in NK-dorp eis dat skool verdaag | News Article
PHOTO: Roderick Titus

Ontstoke inwoners van Rosedale naby Upington in die Noord-Kaap het vandag, ná die dood van 'n leerder by Rosedale Intermediêre Skool, geëis dat die skool verdaag.


Dit volg nadat die nuus, dat 'n 14-jarige leerder glo deur 'n 16-jarige medeleerder met 'n mes doodgesteek is, skokgolwe deur die gemeenskap gestuur het. OFM-nuus het voorheen berig dat die insident plaasgevind het ná 'n beweerde woordewisseling tussen die twee. Intussen het Esmerelda McKay van die Total Shutdown-beweging, wat hulle op die regte en beskerming van vroue en kinders toespits, haar kommer oor dié voorval uitgespreek het en 'n beroep op plaaslike leiers gedoen het om 'n poging aan te wend om gemeenskappe te ondersteun.




OFM-nuus/Elsabé Richard en Roderick Titus



@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.