On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Brand versprei in noorde van Bloemfontein

───   17:19 Thu, 28 Nov 2019

Brand versprei in noorde van Bloemfontein | News Article
File Photo

Mangaung se Brandweer- en Reddingsdienste is tans saam met ander brandbestrydingsgroepe naby die Breakthrough City Church in die noorde van Bloemfontein in die Vrystaat ontplooi waar 'n brand sedert vroegmiddag woed.


Volgens Chris Lombard van Mangaung se Brandweer- en Reddingsdienste is die situasie redelik onder beheer, maar die brand het in die rigting van die Oubos-landgoed versprei en brand tot teen Riversdal. Hy sê die brand versprei nou na die Brandfort-pad. Die oorsaak, wat nog bevestig moet word, is volgens inwoners op die toneel ‘n kragboks wat moontlik ontplof het. 

OFM-nuus het vroeër berig dat brandbestryders sukkel om die area te bereik. Brandbestryder JC Scheepers het aan OFM-nuus op die toneel gesê tydens 'n soortgelyke voorval etlike jare gelede kon die brandweer ook nie toegang tot die landgoed kry nie, aangesien die ingang te klein was vir die noodvoertuie.


OFM-nuus/Elsabe Richard

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.