On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Familie ken Keimoes-moordslagoffer se oorskot vandag uit

───   09:05 Tue, 10 Dec 2019

Familie ken Keimoes-moordslagoffer se oorskot vandag uit | News Article

Die polisie in Keimoes in die Noord-Kaap het bevestig dat familielede 'n vrou - wie se liggaamsdele in 'n puttoilet by 'n woonhuis in die dorp gevind is - vandag sal uitken.


OFM-nuus se korrespondent, Roderick Titus, berig dat polisiewoordvoerder Mohale Ramatseba bevestig het dat die uitslag van 'n nadoodse ondersoek ook binnekort verwag kan word. 

Ramatseba het verder 'n beroep op die publiek gedoen - veral diegene op sosiale media - om die familie van die oorledene in hierdie tyd te respekteer. 

Daar is ook intussen 'n beroep op kalmte gedoen. Die polisie het bevestig dat 'n 25-jarige verdagte, wat vandeesweek in verband met die saak in hegtenis geneem is, vandag sy eerste verskyning in die hof op Keimoes sal maak.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.