Central SA
NK toetsbaanbeampte sterf in ongeluk─── 11:13 Tue, 10 Dec 2019
Foto: Verskaf
Die polisie in Keimoes in die Noord-Kaap het bevestig dat 'n plaaslike toetsbaanbeampte van die Dawid Kruiper Munisipaleteit se verkeersafdeling, Will Basson, vroeg vanoggend in 'n ongeluk oorlede is.
Die ongeluk het etlike kilometers buite Keimoes plaasgevind.
Volgens die polisie was Basson alleen in sy BMW motor. Hy het vermoedelik beheer oor die voertuig verloor, en gevolglik verskeie kere gerol.
Basson, wat in sy dertigs was, is na vermoed word opslag dood.
OFM-nuus
