On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Central SA

Hofsaak van Keimoes-moordverdagte uitgestel

───   16:32 Tue, 10 Dec 2019

Hofsaak van Keimoes-moordverdagte uitgestel | News Article

Die 25-jarige verdagte van Keimoes in die Noord-Kaap, Rodian Williams, wat tereg staan op die grumoord van die 19-jarige Shandoline Shurica Jonkers, wie se liggaamsdele in 'n puttoilet gevind is, se saak is tot 2 Maart 2020 uitgestel.


Williams het na bewering Jonkers se lyk in stukke opgekap en in 'n puttoilet by 'n woonhuis in die dorp gegooi. Williams bly in aanhouding. 

OFM-nuus het voorheen berig dat polisiewoordvoerder, Mohale Ramatseba, 'n beroep op die publiek gedoen het - veral op sosiale media - om die familie van die oorledene in hierdie tyd te respekteer. Die ondersoek duur voort.


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.