Central SA
Kom Veilig Daar-veldtog begin môre─── 17:39 Wed, 11 Dec 2019
Motoriste langs die N1 by Bloemfontein word gewaarsku om bedag te wees tydens ‘n groot nabootsing van 'n ongeluk deur nooddienste in die Vrystaat wat môre, Donderdag 12 Desember, gaan plaasvind.
Die nabootsing is 'n oefening as deel van die Kom Veilig Daar-veldtog. Sipho Towa van die Mediese Nooddienste in die Vrystaat sê die ongeluksyfer in die Vrystaat is al reeds kommerwekkend.
OFM-nuus/Cathy Dlodlo en Penelope-Ann Mabale
