On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Central SA

Gewilde Bfn-dokter het groot planne vir 2020

───   09:40 Fri, 13 Dec 2019

Gewilde Bfn-dokter het groot planne vir 2020 | News Article

Soos wat 2019 tot ‘n einde kom, het Bloemfontein se dr. Paulo de Valdoleiros groot planne om 2020 mee af te skop en sy praktyk aan die gang te hou.


In ‘n onderhoud met Bloemfontein Courant het De Valdoreiros gesê aangesien hy mense net vra wat hulle kan bekostig, sy praktyk nie regtig volhoubaar is nie, veral omdat hy ook baie uitgawes het.

Hy verduidelik sedert die begin van Desember het hy minder pasiënte wat inkom en dit het hom genoodsaak om planne te bedink om meer geld te verdien. Hy het besluit om praatjies te hou oor relevante gesondheidsake, kwessies oor lewe en dood en maniere hoe om die verspreiding van siektes te verhoed of te vertraag.

“Daar gaan ses sessies wees wat op 11 Januarie begin en die koste sal R250 per sessie beloop. Dié geld sal gebruik word om om een mens se konsultasiegeld te betaal.” Mense wat belangstel kan ‘n e-pos stuur na paulodevaldoleiros@gmail.com.

Valdoleiros vertel dat toe hy die gebou gehuur het, hy ‘n kontrak van drie jaar geteken het. Dit is hoe vol vertroue hy was (en steeds is) en waarom hy geensins van plan is om sy praktyk toe te maak nie.

In dieselfde gebou het beradingsterapeut Lefkie Vazladelis Lange saam met De Valdoleiros gestem toe hy sê dat daar mense is wat regtig hul dienste nodig het. “Die mense van Bloemfontein maak werklikwaar gebruik van wat ons hulle kan bied. Mense het nie geld om dokters en beradingsterapeute te gaan sien nie, en dit is waar ons inkom,” sê sy.

Vazladelis Lange sê sy lewer ‘n diens onder toesig omdat sy steeds besig is met haar graad. Sy sien nie meer as vier mense per dag nie. Sy vertel ook dat daar hierdie tyd van die jaar regoor die wêreld meer mense beradingsterapie benodig.

Volgens haar moet mense ook onthou dat daar hulplyne is wat hulle kan bel soos die SA Depressie en Angsgroep-hulplyn, 011-234-4837, en veel meer. Sy sê ook dat sy volgende jaar terug sal wees om die mense van Bloemfontein by te staan vir nog ‘n jaar.


Bloemfontein Courant/Sazly Hartzenberg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.