Central SA
Moordsaak van bekende kunstenaar in Nk-hof uitgestel─── 16:29 Mon, 16 Mar 2020
Hofverrigtinge is opgeskort in die landdroshof in Upington in die Noord-Kaap waar die moordverhoor van die vrou van die bekende kunstenaar, Walter Meyer, en haar medebeskuldige vanoggend sou begin.
Volgens inligting moet die hof eers 'n besluit neem oor of die saak moontlik in camera aangehoor kan word nadat die verdediging betoë gelewer het oor die veiligheid in die hof weens die Covid-19-virus. Die verdediging voer aan dat die justisie minister, Ronald Lamola, leiding moet gee oor hoe die howe sake moet hanteer.
Meyer is in Desember 2017 dood by sy huis in Upington gevind. Die Noord-Kaapse polisie het voorheen gesê Meyer was na bewering in 'n rusie met sy vrou betrokke waarna sy hom na bewering in die bors gesteek het.
OFM-nuus/Roderick Titus
