On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

NK-korrektiewe dienste vra dat sekere hofsake uitgestel word

───   09:30 Wed, 18 Mar 2020

NK-korrektiewe dienste vra dat sekere hofsake uitgestel word | News Article

Beamptes van die Departement van Korrektiewe Dienste in Upington in die Noord-Kaap sê hulle vergader vandag met die plaaslike Departement van Justisie om te versoek dat hofsake vir minstens dertig dae uitgestel word.


Dit is volgens die hoof van korrektiewe dienste in Upington, Nati Ndlovu, en die waarnemende streekkommissaris, Lionel du Preez, wat sê veral verhore van verhoorafwagtende gevangenes moet uitgestel word. 

Du Preez sê sy departement neem kennis van die aankondiging van president Cyril Ramaphosa dat Suid-Afrika in 'n nasionale ramptoestand verkeer as gevolg van die uitbreek van die koronavirus en tref dus veiligheidsmaatreëls om gevangenes te beskerm. 

Hy sê geen besoeke gaan by Upington se gevangenis toegelaat word nie. Die departement sê verder dat hulle die nodige maatreëls in plek het wat bewaarders sowel as gevangenes se veiligheid sal verseker.

Du Preez voeg by dat indien die ramptoestand verleng gaan word, gaan hulle die nodige maatreëls instel om verhoorafwagtende gevangenisse by howe te kry.


OFM-nuus/Roderick Titus




@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.