On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

MRK waarsku NK-inwoners van gevare in skoolvakansie

───   12:16 Wed, 18 Mar 2020

MRK waarsku NK-inwoners van gevare in skoolvakansie | News Article

Die provinsiale bestuurder van die Menseregtekommissie in Upington, Chantelle Williams, maan inwoners van die Noord-Kaap om versigtig te wees wanneer hulle foto's en name van hulle kinders op sosiale media en skoolsakke aanbring.


Williams sê kinderontvoerings, asook mensehandel, is 'n realiteit wat ernstige afmetings aanneem. Sy sê veral plattelandse gebiede word deur sindikate geteiken met werksgeleenthede wat onder valse voorwendsels aan veral jong meisies aangebied word. Hierdie waarskuwing kom nadat die regering aangekondig het dat alle skole vanaf vandag tot ná die paasfees gesluit sal wees.

Williams maan dat mense nie moet wegkyk wanneer hulle vreemde persone, en veral voertuie, in buurte en by winkelkomplekse opmerk nie.

Intussen het die polisie se Henry Faro ook gevra dat ouers ten alle tye bewus moet wees van hulle kinders se bewegings, asook met wie hulle omgaan en veral op sosiale media gesels.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.