On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Central SA

Leë huise lok glo inbrekers na Dan Pienaar

───   12:25 Thu, 19 Mar 2020

Leë huise lok glo inbrekers na Dan Pienaar | News Article
PHOTO: Pierce van Heerden/Bloemfontein Courant

Net vier maande nadat sake-eienaars in Dan Pienaar, Bloemfontein, gedagvaar is omdat hulle sake doen in ‘n woongebied, is daar Maandagaand in die eerste leë perseel ingebreek.


Veiligheid was een van die redes waarom baie van die besighede uit die huise moes wees, maar noudat van die plekke leeg staan, het die omgewing ‘n sagte teiken vir misdaad geword.

Toe Bloemfontein Courant by die perseel waar die inbraak plaasgevind het, aankom, was die eienaar, Jan Reyneke, besig om vir die polisie te wag om ‘n saak oop te maak. Reyneke het verduidelik dat hy amper klaar was om alles in die huis op te knap, toe dié terugslag kom. “Hulle het krane, ‘n TV, koperpype, ens., gesteel en oral skade aangerig om in te kom,” vertel hy.

Volgens Reyneke het die besighede in werklikheid baie vir Dan Pienaar beteken omdat hulle skoongemaak het waar hulle kon en sekuriteitsmaatskappye aangestel het. Nou is alles daarmee heen met die vertrek van die eienaars, en die gevolg is misdaadelemente in Dan Pienaar.

‘n Ander eienaar het met Bloemfontein Courant gesels op voorwaarde van anonimiteit en gesê dat hierdie situasie ‘n baie groter impak het as wat mense besef; dit is nie net negatief vir die ekonomie nie, want die besighede wat toemaak, moet mense laat gaan, maar dit het ook ‘n emosionele impak aangesien baie mense nooit sal kan herstel van die finansiële terugslag nie. Mense kry ook nie nou die huise verkoop nie en die buurt gaan net agteruit. Hy sê ook dat daar baie vrae is waarop hulle nie antwoorde kry nie.

Die eienaars stem saam dat dit onwettig is om sake te doen in ‘n woonbuurt, maar sê dat hulle steeds besig is om hul hersoneringsaansoeke in te dien en te wag vir goedgekeuring van die munisipaliteit.


Bloemfontein Courant/Sazly Hartzenberg

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.