Central SA
Soektog na plaasaanvallers in Niekerkshoop geloods─── 11:24 Wed, 25 Mar 2020
Die polisie in Niekerkshoop het een van ses vermoedelik verdagtes wat glo vroeër 'n sestigjarige plaaseienaar op sy plaas aangeval, en herhaaldelik met 'n strykyster gebrand het, in hegtenis geneem.
Die verdagtes het met die eienaar se Toyota-dubbelkajuitbakkie op die vlug geslaan.
Dit voertuig is later sowat 15 kilometer buite Griekwastad op die pad na Groblershoop gevind.
Polisiewoordvoerder Mohale Ramatsheba sê die soektog na die ander verdagtes duur onverpoosd voort.
OFM-nuus/Roderick Titus
