On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Central SA

Hoe ervaar Sentraal SA se mense die inperking?

───   17:47 Fri, 27 Mar 2020

Hoe ervaar Sentraal SA se mense die inperking? | News Article
'n Lugfoto van die verlate verkeersirkel tussen die Preller-winkelsentrums en die Laerskool Willem Postma

OFM-nuus se joernaliste en korrespondente werk van die huis af volgens die inperkingsprotokol.


Hulle berig oor hoe inwoners in hulle dorpe en woonbuurte in Sentraal-Suid-Afrika dié inperking hanteer.

Roderick Titus sê mense in Upington in die Noord-Kaap gaan soos normaal voort:


Ons bly in die Noord-Kaap met Ilse Smalberger vanaf 'n plaas buite Kimberley:


In Welkom in die Vrystaat sê OFM-nuus se Marvin Ntsane dat inwoners wat van openbare vervoer gebruik wil maak, nou meer as dubbel die prys moet betaal.

Steeds in die Vrystaat, OFM-nuus se Katleho Morapela berig dat strate in haar woonbuurt in Bloemfontein baie stil is.

Jana Roos sê sy ervaar dieselfde stilte in haar woonbuurt:

Olebogeng Motse berig oor haar vroeg-oggend rit na die OFM-nuus kantoor in Bloemfontein:

Volgens die minister minister van polisie, Bheki Cele, is vyf mense in die Vrystaat in hegtenis geneem weens drankverkope. Daar is ook voorvalle aangemeld in Bultfontein, Koffiefontein en Ficksburg.


Daar is kritiek uitgespreek oor mense wat in lang toue by winkelsentrums gewag het sonder om die veilige afstand tussen mekaar te handhaaf. (Video geneem by Twin City in Heidedal, Bloemfontein.) Die rede vir die laat aankope is glo dat hulle nie voor vandag geld daarvoor gehad het nie en/of nog tot gister toe moes werk.


OFM-nuus





@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.