On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

Inwoners in NK-dorp kom nie inperkingsreëls na

───   14:00 Fri, 27 Mar 2020

Inwoners in NK-dorp kom nie inperkingsreëls na | News Article
Photo: en.wikipedia.org

Die gemeenskap van Upington in die Noord-Kaap gaan ongestoord met hulle normale daaglikse aktiwiteite voort terwyl kinders in die strate speel en drank onwettig verkoop word.


Openbare vervoer is ook besig om lang rye pendelaars te bedien. Dit ondanks die aankondiging van President Cyril Ramaposha dat alle landsburgers vanaf vanoggend ingeperk moet wees om verspreiding van die coronavirus te bekamp. 

Die verkoop van drank is hiervolgens verbied en taxi's en busdienste is gevra om slegs te help met die vervoer van diegene wat noodsaaklike dienste verrig en om by 'n vasgestelde skedule te hou. 

Brigadier Sampie Koopman van die polisie op Upington, sê lede van die Nasionale Weermag is nie op die dorp ontplooi om te help om seker te maak dat inwoners die maatreëls gehoorsaam nie.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.