On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

#CoronavirusSA: Vrystaat se eerste sterfte aangemeld

───   DANE BEISHEIM 09:16 Tue, 31 Mar 2020

#CoronavirusSA: Vrystaat se eerste sterfte aangemeld | News Article

Die Vrystaat het sy eerste sterfte weens die koronavirus aangeteken.


Meer besonderhede sal bekend gemaak word sodra alle naasbestaandes in kennis gestel is. 

Die eerste sterfgeval in die Vrystaat is deur die woordvoerder vir die provinsiale department van gesondheid, Mondli Mvambi, bevestig. 

Die aantal gevalle het ook landwyd vanaf 1280 tot 1326 toegeneem. 

Dit beteken dat daar 'n toename van 46 infeksies landwyd was. 

President Cyril Ramaphosa het gisteraand die land toegespreek om die nuutste syfers bekend te maak. 

Hy het ook 'n beroep op landsburgers gedoen om voort te gaan om die 21 dae-inperkingsmaatreëlss na te kom deur tuis te bly.


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.