On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Central SA

#Coronavirus: Gewysigde werksure vir besighede in Dawid Kruiper-munisipaliteit

───   14:40 Tue, 07 Apr 2020

#Coronavirus: Gewysigde werksure vir besighede in Dawid Kruiper-munisipaliteit | News Article

Besighede in die Dawid Kruiper munisipale regsgebied in die Noord-Kaap sal van môre af hulle besigheidsure ingevolge die Rampbestuurwet moet aanpas in 'n poging om die verspreiding van die koronavirus (Covid-19) hok te slaan.


Die munisipale bestuurder van die munisipaleteit, Elias Ntoba, het 'n dokument onderteken waarin bepaal word dat werksure van Maandag tot Vrydag vanaf 8:00 tot 18:00 en oor naweke tussen 9:00 en 17:00 vir die duur van die landswye inperking sal geld. 

Slegs winkels wat oor die nodige dokumente beskik sal gedurende die tydperk kan handel dryf. 

Die Dawid Kruiper-munisipaliteit het intussen gevra dat inwoners die inperking moet gehoorsaam en saamstaan teen die pandemie deur gereeld hande te was en kontak met ander mense ten alle koste te vermy.


OFM-nuus/Roderick Titus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.