Central SA
Groep Suid-Afrikaners nie tevrede met kwarantyn-gebou─── 10:00 Wed, 08 Apr 2020
'n Groep Suid-Afrikaners wat gister uit Namibië in die land aangekom het, is ongelukkig oor die toestand van die gebou waarin hulle in kwarantyn geplaas is.
Hulle is deel van vele groepe wat met die hulp van die regering vanuit die buiteland na die land teruggebring is. Die groep is by 'n hospitaal in Nababeep in kwarantyn geplaas.
Volgens nog 'n Suid-Afrikaner wat deel van die groep is, voldoen die geriewe nie aan die standaarde nie, ondanks die pogings van personeel om dienste te lewer.
OFM-nuus het die gesondheidsdepartement en die kantoor van die premier om kommentaar genader, hulle het nog nie gereageer nie.
OFM-nuus/Roderick Titus
