Central SA
#Coronavirus: NRO verwelkom hulp vanaf die publiek─── DANE BEISHEIM 08:18 Mon, 13 Apr 2020
Suid-Afrikaners kan trots wees op die wyse waarop hulle tot dusver op die Covid-19-krisis gereageer het, deur onder meer hulp en ondersteuning aan nie-regeringsorganisasies (NRO) te verleen.
Dit is volghens Meyer Conradie, besturende direkteur van Mosaic Community Developments, 'n NRO wat fokus op 'n volhoubare versorgingsmodel vir wees-en weerlose kinders, hoofsaaklik gebaseer in Ikageng, Potchefstroom, Wellington en Port Elizabeth.
Conradie brei verder uit oor hoe NRO’s die inperking op hulle gemeenskapswerk hanteer.
Conradie sê verder daar is bekommernis in sy sektor oor die vermoeë van die private sektor om skenings te kan doen ná afloop van die pandemie, gegewe die swak toestand waarin die ekonomie reeds verkeer het.
OFM-nuus
