Central SA
NK-gemeenskap dankbaar dat krane weer water het─── 18:00 Tue, 14 Apr 2020
Inwoners van Leseding buite Upington in die Noord-Kaap is verheug nadat krane van vanoggend sewe-uur in die woonbuurt ná jare se gesukkel weer water het.
Inwoners het die Dawid Kruiper Munisipaliteit geloof vir die dienslewering nadat hulle vir jare water vanuit Jojo tenks gebruik het. Katrina Beukes van Leseding sê die water stel inwoners in staat om aan higiëniese maatreëls - soos die was van hande - tydens die nasionale inperking te voldoen.
Sy sê die water in krane bring ook menswaardigheid by inwoners terug omdat hulle nie meer hoef te wag vir tenkwaens wat soms dae lank vat om gevul te word nie.
Beukes sê die munisipaliteit het voldoen aan hulle belofte om die water-netwerk na die gebied te herstel.
OFM-nuus/Roderick Titus
